Die verhoog is sedert ‘n jong ouderdom in Maruchè Smith se bloed. Sy sing al vandat sy 6-jaar oud is en ontvang ook professionele afrigting vir beide sang en drama. Vir die afgelope 7 jaar neem sy ook graag deel aan drama- en sangitems by kunswedstryde soos Pretoria Eisteddfod, Noorderkruin Kunstefees en Pretoria Kunswedstryd waar sy in verskeie items Kategoriewenner was en het al verskeie trofees verower. Maruchè was al vir 5 agtereenvolgende jare Algehele Kultuurleerder in haar Alma Mater, L/S Danie Malan in Pretoria.
Een van die hoogtepunte in haar sangloopbaan was toe sy in 2013 die landswye “Liefste Kayla” musiekvideo kompetisie gewen het wat deur Mozi Rekords en Kyknet aangebied is.
Maruchè tree gereeld op by feeste en geleenthede en het ook in 2015 by KKNK in Oudshoorn opgetree. Sy het ook in 2015 opgetree by H/S Pretoria-Noord se karnavaal in Elvis Blue se openingsvertoning.
Haar eerste CD, Superster, is reeds in 2014 vrygestel en haar gelyknamige musiekvideo verskyn op Youtube en word ook op Kanaal 146 op Kyknet gebeeldsend. "Die Palm van my Hand", is in Julie 2016 vrygestel asook die musiekvideo daarvan wat op Youtube verskyn. Haar nuutste enkelsnit "Wees Iemand" speel op verskeie radiostasies en word gebeeldsend op Kyknet kanaal 146. Maruchè is ongelooflik opgewonde oor "Wees Iemand" om haar passie vir jongmense uit te leef en mense bewus te maak van boelies in die allerdaagse lewe. Maruchè geniet dit om voor mense op te tree en `n blink toekoms wink vir haar.